Ps 59 God is my veilige Vesting

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

BYBELSTUDIE UIT DIE PSALMS : Psalm 59

GOD IS MY VEILIGE VESTING

Psalm 59 vertel van die gedurige stryd wat Dawid teen Saul gehad het terwyl hy nie vir Saul enige rede gegee het om hom dood te maak nie. Saul vervolg Dawid in ‘n aanhoudende waansinnige vasbeslotenheid om hom uit die weg te ruim om sy eie posisie te beskerm, en dit terwyl Dawid nooit sy hand teen Saul sou lig terwyl die Here hom in die koningskap gehou het nie. In 1 Sam. 19:9-17 lees ons dat Saul manskappe na Dawid se huis gestuur het om hom dood te maak, maar sy vrou Mikal het hom deur die venster laat afsak en hy het ontvlug. Hy verkeer onder voortdurende spanning omdat hy omring is deur mense wat hom wil doodmaak. Hierdie mense is soos honger honde wat nooit genoeg kry om te vreet nie. Hy gaan, soos altyd, in gebed na die Here toe terwyl hy wag op die finale oorwinning wanneer God aan hom die koningskap sal gee, soos Hy beloof het.

1 – 6 : Dawid bid om redding, beskerming en verlossing. Die Here moet hom uit gevaar red, sy lewe beskerm en hom verlos van die manne wat sy dood soek. Sonder dat hy teen hulle oortree het, soek hulle sy lewe. Die Here moet sy aandag aan sy saak gee, soos een wat nou wakker word. Hulle wat in ongeregtigheid en ontrou lewe, het nou genoeg ruimte gehad. Hulle wil en sal nie hoor en hul gesindheid verander nie. Daarom moet die Here nou geen genade teen hulle betoon nie. Daar is ‘n tyd wat genadetyd verbygaan.

7 – 14 : Soos honde wat honger bly en elke aand na die stad terugkom en daar dwaal om iets te ete te kry, so hou hulle aan om Dawid meedoënloos te vervolg. Soos honde wat met kwylende monde jag na eetgoed, so bly hulle op sy spoor. Hulle praat kwaad van hom asof hy ‘n booswig is wat gedood moet word. Hul tonge is soos swaarde wat steek – deur hom in onguns voor almal te bring. Selfs van die volk van die Here span saam met die heidene om hom te vervolg. God lag egter oor hulle, want hulle kan nie God se plan vir altyd teëstaan nie. God self sal sorg dat sy Woord in vervulling gaan. Dan sal Dawid oorwinning smaak oor sy vyande en sal sy tyd van vlug verby wees. God is sy sterkte en sy veiligheid. Die Here moet hulle nie dadelik vernietig nie, maar hulle eers voor die oë van die volk laat rondswerf soos hy moes rondswerf, sodat hulle kan sien dat God hulle met dieselfde straf straf as wat hulle aan Dawid gedoen het. Dan sal die verbondsvolk leer dat jou eie sondes jou sal inhaal. Hulle wat die onskuldige gelowiges vervolg, sal die vrug van hul eie optrede pluk. Hulle sal in hul eie trots gevang word. Dan moet die Here hulle vernietig! Die Here is toornig op hulle en Hy moet nou daardie grimmigheid loslaat sodat almal kan weet dat God heers oor sy volk. Dié wat God se volk vervolg, sal met God self te doen kry.

Verse 15 – 18 : Weer sê hy hulle hou nog aan soos honde wat nie opgee om hul prooi te vind nie. Hulle slegte gesindheid sal nooit verander nie. Daarom weet hy God sien ook hul harde harte en hy begin al jubel dat hy sy skuilplek by God self vind. God is sy grootste sekuriteit. Hy noem die Here weer sy Sterkte, want in God se oneindige sterkte vind hy sy veiligheid. Hy het God leer ken as ‘n genadige God. God is sý God. God is sy genádige God! Sy vertroue is so totaal gevestig in God se krag, dat hy van gebed oorgaan in psalmsing om God te eer. Elke môre jubel hy oor God se goedheid, want toe hy benoud was, was God daar vir hom. God was sy rotsvesting waarheen hy kon vlug en veilig wees. Die Here het hom nie in die steek gelaat nie.

word die meeste geëer as sy kinders Hom vertrou. As hulle Hom vertrou, getuig hul ook voor die nasies dat Hy betroubaar is. Ongeloof en twyfel bring oneer op . Dawid het telkens in sy gebed om verlossing sy vertroue op geplaas. Sonder geloof is dit onmoontlik om te behaag. Hy wat na toe gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van dié wat hom soek (Hebr. 11:6), en dié wat in Hom glo, sal nooit beskaam (teleurgestel) word nie (1 Petr. 2:6). Daarom kon Dawid na so baie ondervinding met in benoudhede getuig: ” . . . my genadige . . . ” (v. 18).

(Visited 77 times, 1 visits today)