Jongste Lesings
- Ps 103 Loof die Here die groot genadige God
- Ps 102 Gebed uit nood en ellende
- Ps 101 Die regverdige Koning
- Ps 100 Juig voor die Here
- Ps 99 Buig voor die heilige Koning
- Ps 98 Sing tot eer van die regverdige Koning
- Ps 97 Juig oor die Here as Koning
- Ps 96 Loof die regverdige Regter en Koning
- Ps 95 Kom ons loof God as ons koning en herder
Gewildste Lesings
Popular posts:
- Ps 91 Die beskerming van die Allerhoogste 24 Julie 2018 (1 056)
- Ps 100 Juig voor die Here 21 Augustus 2018 (592)
- Ps 90 Die verganklikheid van die mens 20 Julie 2018 (554)
- Ps 51 Vergewe my op grond van U genade 31 Mei 2018 (547)
- Ps 27: Die Here is my lig en my heil! 5 Februarie 2018 (509)
- Ps 63 My siel dors na God 31 Mei 2018 (464)
- Te laat vir Jackie 5 Februarie 2018 (369)
- Ps 15 Wie mag vertoef in U tent, o Here? 29 Julie 2017 (367)
- Ps 103 Loof die Here die groot genadige God 21 Augustus 2018 (363)
Bestel ons boek!
Etienne Maritz wou baie graag hierdie boek publiseer, omdat dit ’n getuienis is oor Jesus en oor wat Jesus in sy lewe gedoen het. Jesus het hom egter kom haal voordat die boek klaar geskryf was. Die grootste gedeelte het hy klaar geskryf terwyl hy vir byna ’n maand in afsondering gelê het tydens sy stamseloorplanting. Gelukkig het hy ook sy hele lewe deur dagboek gehou. In hierdie dagboeke het ek roerende gedigte gevind wat hy geskryf het na die dood van ons seuns. Daar was ook gedigte waarin hy die Here geloof het en ook waarin hy geskryf het oor sy geestelike stryd en pad met die Here – sy stryd om die gekruisigde lewe te leef, en alles oor te gee aan sy Here wat altyd die beste geweet het.
Ek het ook persone, wat in Etienne se gemeentes was, en met wie hy ’n pad gestap het, ook ander vriende en familie wat na aan sy hart was, gevra om hul indrukke neer te skryf. Baie dankie aan julle almal!
Al hierdie inligting sal verweef word in dit wat Etienne self geskryf het. Die laaste gedeelte wat hy nog wou skryf oor die Here se werkinge in die gemeentes waar hy gewerk het, het ons gekry uit getuienisse van gemeentelede.
Mag hierdie boek u bemoedig om enduit die pad met die Here Jesus te stap op hierdie aarde. Mag Hy u lei in die lewe van “met Christus gekruisig te wees” en mag u in ’n opstandingslewe saam met Hom leef.
Sy genade was en is elke dag vir ons genoeg.
Trudie Maritz