Ps 80 Die wingerdstok van die Here

Deel hierdie boodskap op sosiale media!

BYBELSTUDIE OOR DIE PSALMS : Psalm 80

DIE WINGERDSTOK VAN DIE HERE

God is die Herder van sy volk en hulle is sy kudde. Israel is ook se wingerdstok. Albei beelde spreek van versorging en beskerming. Dit is bekende beelde wat se verhouding met sy volk beskryf. Hierdie verhouding funksioneer hoofsaaklik tussen die twee pole van se genade aan die een kant, en sy straf (tugtiging) aan die ander kant. As se aangesig oor hulle skyn, skenk Hy sy seën en teenwoordigheid. is dan tevrede met hul gehoorsaamhed en glimlag teenoor hulle. As die volk egter ontrou en ongehoorsaam word, kom daar ‘n punt waar Hy begin frons en met toorn na hulle kyk. Dan kom sy tugtiging om hulle van die verkeerde pad af terug te bring. Hy waarsku hulle altyd eers, maar as hulle hul nie bekeer nie, kom die tugtiging. Hy neem dan die beskerming weg sodat hul vyande hulle plunder en skade aandoen. Dit is nou weer die situasie en die digter roep om genade redding.

Verse 1 – 4 : Die gedig begin met die gebed om hulp en uitredding. Die digter vertrou op die Herder van Israel se barmhartigheid teenoor sy kudde. Hy vertrou ook op God se almag en weet dat Hy in ‘n oogwink kan verskyn en die oorwinning kan gee. Die aanslag kom veral teen die noordelike stamme van Josef. God moet weer sy aangesig oor hulle laat skyn en hulle verlos. As God se gesindheid teenoor hulle verander, is die oorwinning dadelik daar. Die gebed is ‘n uitroep om herstel, nadat die land deur vyande verwoes is.

Verse 5 – 14 : Die Here van die leërskare, wat hul beskerming is, is nou die Een wat hulle tug. Hy alleen kan dit ook verander. Die ellende waarin die volk hul bevind, word in detail beskryf. Al het God nog steeds vir hulle brood voorsien, is dit met trane geëet. Daar was en is baie trane. Die wingerdstok wat welig gegroei het na dit in die land geplant is, se veiligheidsmuur is weggeneem en groot skade is aangerig. Sy ranke het die hele land gevul, maar hy is nou afgekap en verbrand. Die vyande het groot skade gedoen en hy is weerloos teen almal wat nou van die geleentheid gebruik maak om hom verder te beroof en te beskadig. Dit maak die situasie al meer onuithoudbaar.

Verse 15 – 20 : Die digter roep vanuit die ellende wat hy beskryf het tot die God van die leërskare. God Almagtig met sy magtige engele moet terugkeer na sy volk en optree om hulle weer te verlos en te beskerm. Hy vra die Here moet kyk en hulle ellende raaksien en onthou dat hulle sy wingerdstok is. God self het tog hierdie volk tot bestaan geroep en beloftes aan hulle gemaak. Hy gebruik nou ‘n derde beeld om God te herinner aan sy betrokkenheid by sy volk. Israel is soos ‘n seun wat deur die Here self voortgebring en grootgemaak is. Daarom moet sy hand van hulp en beskerming steeds oor sy volk wees soos ‘n pa oor dié van sy jong seun. Dan sal die volk nie van die Here afwyk nie, en God sal hulle laat lewe om sy Naam aan te roep deur hulle tot Hom te bekeer. God se genade moet hulle terugtrek na Hom toe, sodat hulle weer naby Hom sal lewe. Alles wat gesê is, word weer deur die laaste sin saamgevat in ‘n kragtige uitroep om verlossing: ”O Here, God van die leërskare, herstel ons; laat U aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!” (Sien Ou Vertaling)

Die psalmdigter word deur die Gees gelei om in sy gebed ook te profeteer oor Christus. Hy bid: ”Laat U hand wees oor die man van U regterhand, oor die menseseun wat U vir uself groot-gemaak het.” Hy sal in die plek van Israel, wat telkens misluk het om God getrou te dien, ‘n menseseun in die wêreld bring, wat getrou sal wees tot die dood toe en wat Israel finaal sal verlos van sy aanhoudende ongehoorsaamheid en sonde.

(Visited 105 times, 1 visits today)